Keurvorstedom Palts

Kurfürstentum Pfalz(Duits)
Kurferschdendom Palz(Paltsies)

Keurvorstedom Palts
1085 – 1803
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Palts
Ligging of Palts
Gebied van die Keurvorstedom Palts in 1618, voor die Dertigjarige Oorlog
Hoofstad
Taal/Tale
Godsdiens Bevolking:

Keurvors:
  • Katoliek (tot 1530s, vanaf 1685)
  • Lutheraan (1530s–1559, 1575–1583)
  • Calvinis (1559–1575, 1583–1685)
Regering Monargie
Keurvors
 - 1085–1095 Hendrik van Laach (eerste)
 - 1799–1803 Maximiliaan I Josef van Beieren (laaste)
Historiese tydperk
 - Gevestig 1085
 - Bevestig as 'n Keurvorstedom 10 Jan. 1356
 - Verdrag van Wesfale 15 Mei – 24 Okt. 1648
 - Onderdeel deur Beiere 30 Des. 1777
 - Verdrag van Lunéville 9 Feb 1801
 - Ontbind 1803
Vandag deel van

Die Keurvorstedom Palts (Duits: Kurpfalz) of die Palts (Pfalz) was 'n keurvorstedom wat deel was van die Heilige Romeinse Ryk.[1] Die keurvorstedom het sy oorsprong onder die heerskappy van die Paltsgrawe van Lotaringe in 915 gehad; dit is toe herstruktureer onder die Paltsgrawe van die Ryn in 1085. Vanaf 1214 totdat die Keurvorstedom Palts in 1805 saamgesmelt is in die Koninkryk van Beiere, het die Huis van Wittelsbach die Paltsgrawe of Keurvorste voorsien. Hierdie Paltsgrawe van die Ryn sou vanaf "onheuglike tye" as keurvorste (Kurfürsten) dien, en is as sodanig in 'n pouslike brief van 1261 opgemerk; hulle is deur die Goue Bul van 1356 as Keurvorste bevestig.

Die gebied het gestrek vanaf die linkeroewer van die Bo-Ryn, vanaf die Hunsrück-bergreeks in wat vandag die Palts-streek in die Duitse deelstaat Rynland-Palts is en die aangrensende dele van die Franse streke Elsas en Lotaringe (borgtog van Seltz vanaf 1418 tot 1766) na die teenoorgestelde gebied op die oostelike oewer van die Ryn in die huidige Hesse en Baden-Württemberg tot by die Odenwald-reeks en die suidelike Kraichgau-streek, wat die hoofstede Heidelberg en Mannheim bevat.

Die Paltsgrawe van die Ryn het die amp van keiserlike vikaris in die gebiede onder Frankiese wet beklee (in Franken, Swabe en die Rynland) en gereken onder die belangrikste sekulêre Prinse van die Heilige Romeinse Ryk. In 1541 het keurvors Otto Henry hom tot Lutheranisme bekeer. Hulle klimaks en agteruitgang word gekenmerk deur die heerskappy van Paltskeurvors Frederik V, wie se kroning as koning van Boheme in 1619 die Dertigjarige Oorlog tot gevolg gehad het. Ná die Verdrag van Wesfale van 1648 is die verwoeste lande verder geteister deur die Reünie-veldtogte wat deur koning Lodewyk XIV van Frankryk gestuur is, wat op die Negejarige Oorlog (1688–97) uitgeloop het. Regeer in persoonlike unie met die keurvors van Beiere vanaf 1777, is die Palts finaal afgestig met die Duitse bemiddeling en anneksasie deur Baden op 27 April 1803 en die res uiteindelik na die Koninkryk van Beiere as die Rynkring.

  1. Ralph Dornfeld Owen, Palatine & Palatinate, p. 231. Retrieved 29 November 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search